Jongste aktiwiteit:

My Memoires Se Spore

My Memoires Se Spore

Saans voor die slaap toesak wyl
jy so sluimerend is tussen slaap en
wakkerlê staan die hart se vensters
en deure wawyd oop en mymerend
nooi hulle herinnerings na binne,
maar ek moet soms ver op my spore
in die verlede terugstap tot waar dit
al bietjie toegewaai het en ek maar
moes spoorsny om die herinnerings
weer op te knap maar so met die
terugkeer al met die varser spore kom
party baie skugter en skroomvallig na
binne, die oë ontwyk hulle voel ongemaklik
want die onthou ontstel steeds teveel
en maak nog seer dit was te onlangs—
Maar die jonkheidsvreugdes se
memoires huppel na binne met
sorgelose uitgestrekte gasvrye arms
verwelkom en omhels jou in weersiens
om rustig in slaap te versink,
jou geluk weer in drome
herwin en herleef—

Janetta – Helena [Babs] ©




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed