Jongste aktiwiteit:

Voel sonder vat

Eenheid word saamgevat
in voel sonder vat,
om in gees een te wees
sonder om te tas, aan vlees.

Daardie eenwees sentreer
in saamwees,
sonder woorde
wat ge-uiter word.

Verstaan vloei ineen
waar stilte
uitvloei
in begrip.

Hier is die landing sag
in die hawe van geluk
wat saggies klots
teen die oewerkant.




6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed