Woordeloos…
As my woorde moet verdwyn,
sal ek niks meer he om te skryf.
Sal ek sewe duisend keer sterf,
want sonder om te skryf is ek niks,
sal ek weer die ink in my are terug werf,
dan word ek weer skryf fiks.
Maar ek bid vir die om nooit te gebeur,
want dis ‘n talent gegee deur my Vader.
Als wat ek skryf kom uit Vaderhand,
daarom waardeer ek dit,
en gebruik dit sodat die nie verlore sal gaan,
want deur alles was dit nog altyd wat Hy by my staan.
Ja, as my woorde moet verdwyn,
sal ek vergaan,
en my liggie gaan dan nie meer skyn,
maar ek sal nog al die pad by my Vader staan.
©T.De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou 12H40nm 2016/05/21
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
mooi gedagtes hier neergepen, Timothy :-)