Godgeskilder
Vanaand wil ek
‘n gedig vir jou skryf
Want ek weet jou hart dra swaar
Vanaand wil ek
‘n woordprent verf
En ek hoop dat jy sal staar
Kyk op na die hemel
Maak ‘n wens
Droom van die liefde so sag
Laat God jou optel
En jou vashou
Laat Hy die skilder wees van jou lag
3 Kommentare
-
Kiekies
Ja, dis mooi!
-
Anze
sjoe dis nou sommer pragtig!!!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Pragtig!