
stryd
stap ek op die reguit pad
dan swaai my kop steeds
heen en weer in die wind
winde van veranderinge
wat my gedagtes wil aflei
my voete vind die reguit pad
my gedagtes dwaal nog weg
pyn en seerkry in flitsende lig
bedwelm van medisyne-pille
dwaal my gedagtes aweregs
my lewe wil by regverdig bly
my gedagtes wil onreg haat
ingewortelde donker kwaad
gewetens wroeging vernietig
padwysers op die beste roete
oor klip en rant lê reguit pad
hande geklem aan stuurstang
van my lewe verwar my strewe
slegs wanneer ek net oorgee
en Hy bestuur, bly alles reguit
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.