Wanneer hartseer ‘n gewoonte word.
(Woordtelling 1504) Ons koppel gewoontes gewoonlik aan iets soos om altyd in ʼn spesifieke stoel te sit, op dieselfde kant van die bed te slaap, jou koffie links om te roer, om jou tande voor of na ete te borsel. Selfs irriterende gewoontes soos die byt van naels, of om nie te kan praat sonder […]
Is Blondie slim of net slinks?
(Woordtelling 1141) Liewe Sharlies Tron, Genade vroumens! Jy gedra jou darem nou heeltemal te blond, of baie slinks. Ek weet ons ou Afrikaanse taaltjie word al hoe minder gepraat. Dit is nie net ons gesinne wat nie meer groei nie, die sprekers verengels so saggies en sonder dat ons dit agterkom. Dit bly egter […]
Drie Gordyne (Goud)
Hoe is dit hier veel anders as daar, waar China agter die bamboesgordyn konfedereer of waar Rusland weer onder die loodswaar val van die ystergordyn regeer? Want hier, waar ons die gatkant van die Reënboogland met oopbek-verbasing betrag en doofstom snap dat elke tweede Jan Rap – hoewel moreel bankrot – suksesvol op korrupsie floreer; […]
Gebroke liefde
Dit is finaal verby tussen ek en jy ons liefde het verander al was daar geen ander. Vir jare verby mekaar geleef met tyd word die kraak ’n gleuf nooit gedink ons paaie sal skei tot daardie aand in Mei. Saam het ons besluit met hartseer trek jy toe uit vir ’n oomblik wou ek […]
Wegstap gedagtes (goud)
Soms stap mense aan party draai om (soos Lot se vrou) ander gee net eenvoudig nie om nie ék stap maar net voort meeste medemense stap ook sommer net party van hulle is kompasfoos rigtingloos en bestemming gek my bure gaan nêrens nooit hul bly net hier jy het weggestap hy het ingestap ek was […]
Eendag
Eendag Hierdie gedagtes moeilik om te verwoord onmisbare leemte in my moederskoot tannie van vele die is ek beslis kindjie van my eie is wat ek erg mis Soveel paartjies deel ook my smart intense verlange in hierdie vroue hart so baie sê daar is ‘n doel en ‘n rede tog die antwoord stel my […]
Ma
Ma, vasberade om die dag aan te pak net soos gister, reeds vroeg bedrywig met die take wat vandag MOET klaar assof daar geen môre is nie. Maar jou liggaam spreek iets anders iets wat min van ons raaksien wat jy met jou vriendelikeheid agter die masker wegseteek is. Vannaand wanneer jy gaan slaap na […]
Te Min tyd
My hart in duisend stukke gebreek soos ek luister na jou afskeid preek nooit gedink die dag kom so gou wou jou nog langer hier by my hou Ons lewensreis is op geteken jy het meer as die lewe self vir my beteken hoe moet ek sonder jou aangaan waar kry ek dan die krag […]