Jongste aktiwiteit:

Gebroke liefde

Dit is finaal verby
tussen ek en jy
ons liefde het verander
al was daar geen ander.

Vir jare verby mekaar geleef
met tyd word die kraak ’n gleuf
nooit gedink ons paaie sal skei
tot daardie aand in Mei.

Saam het ons besluit
met hartseer trek jy toe uit
vir ’n oomblik wou ek jou keer
maar ons liefde was nie meer.

Vriende, dit is ons nou
en so sal ons dit hou
ons is nie meer vir mekaar kwaad
en leef ons voort sonder haat.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed