My wens
My grootste wens vir die nuwe seisoen
is dat die gebroke gesin kan versoen
wens dat julle net julle trots kan sluk
ons almal smag na vrede en geluk
Ek wens dat julle net kan verstaan
dit wat julle doen raak ons almal aan
julle plaas ons onwetend reg in die middel
om jul te laat verstaan ñ groot gesukkel
Verwyte en haat is nie die pad om te loop
jul gesin saam in liefde is wat ons hoop
een iets moet jul almal onthou
die Vader sal jul altyd met sy liefde omvou
Vertrou op Hom en voeg die gebooie tot daad
en onthou net spyt kom altyd te laat
moet vir geen oomblik sy hande laat los
sy liefde vir ons het hom bloed gekos
My wens vir julle is ñ gelukkige lewe
as julle mekaar net opreg kan vergewe
jul kan nie verwag dat ons kant moet kies
elke dag verlore is ñ groot verlies
My wens is dat jul vrede sal maak
liefde is beter as die bitter se smaak
hou op om mekaar te vermy
die verlede is lank reeds verby
©Ans van Rensburg
02/09/2022
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.