Jongste aktiwiteit:

skemersonrooi

skemersonrooi

met die kariljon se aanduurspel
in die bloureëngeur van jou warm vel
sink die skemerrooi son in die westerkim

jou hare is vasgebind met sonstrale
die sagte gloei van jou heuningsoet mond
verlig die weg na waar ek jou hart vind
verlore in jou skoonheid en daar gelos

in my een hand
die skemerson
met die ander een
maak ek jou hare los

©VonVillon




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed