Jongste aktiwiteit:

God se oë

Kyk na haar deur God se oë
Elke nag bid ek met my kop geboë
dat jul haar kan sien deur God se oë
sy is ñ omgee mens met ñ hart van goud
geskenk van God en nie ñ fout

Tyd is min en die lewe kort
Vergeet ons gemaklik die grootste gebod
jy gooi nie net haar weg nie maar ook vir God
hoe kan jy eendag vergifnis vra
as jy haar met soveel haat in jou hart saam dra

Sy maak baie foute dit weet ek beslis
familie aanvaarding is wat sy meeste mis
almal is besig met hul eie lewe
tog bly hul hammer oor die verlede
stoot haar weg vir hul eie rede
vergeet die verlede en maak asb vrede

Ons almal het ons pyn en smart
sy smag na ons liefde met haar hele hart
sy is ons bloed aan ons geleen
al stry jy dag na dag daar teen

Dalk is dit tyd om aan te beweeg
praat met God en maak jou hart leeg
almal verdien tog ñ kans in die lewe
hoeveel maal moes God ons al vergewe
nie een van ons vlek vry of silwer skoon
Selfs die wat in glashuise woon

©️ Ans
6/07/22’




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed