Jongste aktiwiteit:

van toe af

sy gesig vertrek van onthou
woorde van sy pa hamer hom
hulle sal ons nog vertrap
slegs met hul getalle sal hulle ons oorheers

sy onderbewussyn trek skeef
elke gebeure van die tyd
bring onaangenaamheid
maak hom negatief oor alles

alles wat is, was al gewees
herhalende familie-trekke
dieselfde konserwatiewe denke
oor en oor weer die stryd teen die bose

wanneer hy die dag goed voel
speel lief wees ‘n groot rol
om aangenaam te wees
sy hart bloei, soos sy pa was, vir ander

selfs sy brak lyk na hom
of is dit nou andersom
sy skaduwee bedags
soos sy voorgangers sy waghond snags

die wolke van sy bestaan
dreig soms swart en roes
soos voorheen breek dit soms
deur die werklikheid soos die knal van ‘n geweer

©Teárlach
(magiese realisme)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed