Jongste aktiwiteit:

Ma

Ma, vasberade om die dag aan te pak
net soos gister, reeds vroeg bedrywig
met die take wat vandag MOET klaar
assof daar geen môre is nie.

Maar jou liggaam spreek iets anders
iets wat min van ons raaksien
wat jy met jou vriendelikeheid
agter die masker wegseteek is.

Vannaand wanneer jy gaan slaap
na ’n dag se wasgoed en kosmaak
hoor ek hoe jou liggaam saggies uitroep,
Dank Vader die dag is verby.

Die verlange eensaamheid moegheid
skreeu deur jou siel
en ek wens
ek het dit vroeër raakgesien.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed