As Pa net kon sien
Pappa as jy ons net kon sien eintlik weet ek dat Pa dit nie sou verdien ek dink ek weet wat Pappa sou sê dit wat aangaan is beslis nie hoe jy dit wou hê Al die goeie ou dae is lank reeds verby die een of ander bly mekaar bewustelik vermy goeie genade wanneer […]
hoop sterf nie
hoop sterf nie hoop word geleen nooit besit nie hoop staan onwankelbaar skildwag onbeweeglik staan dit oor jou onlosmaaklik verweef met jou as die lig van die son opraak sal dit steeds eggo ek het jou nie verlaat nie ek het hoop agtergelaat ©VonVillon
Stilswye
Granaatrooi geheime dwaal blosend deur die spasies van die gat in my siel waar hulle (soos verroeste krane) bloeiend bloep-bloep drup en afsyfer deur die krake na die krater in my hart waar hulle pateties en stom rebelleer teen my wil en spraakverbod.
Die Hond (Vir Sammy)
Die Hond (Vir Sammy) My liefde was vir jou, ounooi. en was so sterk en eg. Opreg het ek geloop en lieg, oor jou pantoffels wat net weg. My gees en hart was goed, ounooi. en al my bedoelings edel. Maar nou wil jy nie meer na my kyk, selfs sou ek staan en bedel. […]
Papierhart
Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]
konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)
Veto (Silwer)
ek het my hart aan jou ontbloot maar jy het dit nonchalant geminag met ‘n passante handveeg (sonder medelye) my emosies verklaar as onwaardig ©Driekie Grobler
Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
swart
bitterdors het gif gedou agter skilderbontblou vasgehou swart verswelg die sagtheid verbrand jou tong in gal ©VonVillon