Veto (Silwer)
ek het my hart
aan jou ontbloot
maar jy het dit
nonchalant geminag
met ‘n passante handveeg
(sonder medelye)
my emosies verklaar
as onwaardig
©Driekie Grobler
4 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober 2022 Liriese projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
morne du preez
Ek vind die gedig besonders gepen. 'n Hartseer wat uit die spreker kom maar een van "ek is oor dit" en dan maar net my gevoelens tenoor jou minagting.