Jongste aktiwiteit:

Tuiskoms (silwer)

kaggelvuur knetter knussies
ek nestel stywer teen jou vas
knuffel-woel totdat ek
in jou lyf se buiging pas
dis gemaklik in die stilte
wat loom oor ons kom lê
want woorde is oorbodig
wanneer harte alles sê
my gedagtes neem ver paaie
oor die weg wat ons moes loop
oor die volheid van ons lewe
oor geloof en liefde, hoop
en toe jou vingers vleg deur myne
bloed warm deur my are bruis
weet ek
in hierdie hemel in die kleine
as jy by my is, is ek tuis

©️Elize Kruger
16 Oktober 2022




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed