Jongste aktiwiteit:

DIE BLOU DIEPTES

DIE BLOU DIEPTES

Julle rol en rol
het eeue gelede begin
hoeveel eeue nog
van rol en rol?

Blou branders breek
spoel oor rots en sand
woel maal en trek terug
om weer te begin

Onheilspellend soms
dan vriendelik verleidelik
onder lê die dieptes wat wag
eeue se krag reg om te ontwaak

Julle rol en rol
Hoeveel eeue nog
van rol en rol ?




4 Kommentare

  • Inkmoderator

    Kobus, die see bly 'n inspirasie vir digkuns omdat hy so selfloos, so sonder einde aanhou. Ek hou van die aardsheid hiervan. Ek wil drie klein voorstelle maak, hieronder: Julle rol en rol het eeue gelede begin hoeveel eeue nog van tol en tol? [rol na tol verander om herhalig te vermy] Blou branders breek spoel oor rots en sand woel maal en trek terug om weer te begin't [Bietjie argaïes maar 'begin't' help die oeroue atmosfeer] Onheilspellend soms dan vriendelik verleidelik onder lê die dieptes wat wag eeue se krag reg om te ontwaak Julle rol en rol – [Aandagstreep sodat die hoofletter in sin 2 funksioneel is] Hoeveel eeue nog van rol en tol ? [Verander die een rol na tol - herhaling] Die vers is ritmies mooi en lees lekker. Gesels gerus saam oor die veranderinge/voorstelle. Skryfgroete IM

  • KOBUS SMITH

    Dankie IM vir jou kommentaar en goeie raad. Ek neem dit beslis ter harte want ek wil baie graag leer. Jy gee my moed vir die volgende een. Sal jy nie eendag as jy tyd het ook na my Jy my liefling kyk nie. Dankie en groete Kobus

    • Inkmoderator

      Kobus, ek kyk graag vir jou daarna. Sover ek weet is 'Jy, my liefling' nie in die bundel opgeneem nie? As ek hom gekies het vir die bundel sou ek nie dink ek wil aan hom krap nie, maar ek gaan vir jou weereens daarna loer. Groete IM

  • Anze

    Baie mooi gedig

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Sanette het n geregistreerde lid geword

  • Rosalee het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Awona het ‘n nuwe publikasie gemaak