Komediespel
jy vloei in my are
gegraveer
in my hart
in my wese
bly ek na jou verlang
hou ek aan komedie speel
hoor ek jou borrel-laggie
jou opgewonde roep
“Kyk mamma kyk”
ek wil my indink en verbeel
dag vir dag
dat jy by die huis vir my wag
aand vir aand
sit ek in die duister
wagtend…
op jou huppel-stappie
en luister…
o die leegheid van die dood
wat die werklikheid ontbloot
weer en weer
deur my komediespel breek
tog hou ek aan probeer
om die skerwe van my komediespel
nog net een maal…
op te tel
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.