Tabernakel
My Jabbok stryd
Knieë deur-gebid
hoeveel keer het ek nie gepleit
selfs toe ander ophou vra
het ek voortgegaan
gesmeek
Here God raak haar aan
laat ‘n wonderwerk gebeur
want ek glo U kan
my smeekbede verstar
versplinter in die lug
my wonderwerk het ek nie gekry
my klein tabernakel
is afgetakel
dit is verby
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.