Prinses van vêr
deur vensters van onthou
sien ek jou nou prinsessie fyn
saam met jou het jy gebring
stories van betowering
van paleise as wonings
sprokies-tonele
prinsesse en konings
nou is jy weg
kom nooit weer
prinsessie klein
net ‘n refrein
van lewe, lag en pyn
iewers langs ‘n verre strand
prinsessie-rok om jou gesprei
stap jy met ander hand aan hand
met towerstaf en kroon daarby
het jý jou fantasie gekry
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koos Elsum
Die gedig raak darem op plekke wat lankal onder teer gelê het. Dankie dis baie seer & mooi.