Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ‘n Dag in Paddadys

Deur Nelmari Barnard
Datum gepubliseer: 1 Desember 2021 Aantal woorde: 279 155 Kere gelees 8

Toe Koning Paddadigma een oggend vroeg opstaan
voel hy ongeduring, hy kan dit nie verstaan
sy kop voel swaar en groot, maar sonder koors of pyn
boonop moet hy ontdek sy kroon is veels te klein

Luid ontbied die koning Hoofhofknaap Parraraat
flink wip hy by sy heerser in en sien die ontstellende (mis)daad.

Parraraat dink diep oor ‘n moontlike motief
hy vermoed dit is die werk van ‘n kroondief
Iemand het die kroon met ‘n kleiner een geruil,
dis alles ‘n komplot om die koning op te keil.

Koning Paddadigma stem volkome saam
(sameswerings is mos maar die prys van koninlike faam…)
Dadelik vergader die paleisbestuur
‘n Komitee van Ondersoek word van stapel gestuur

Die rede vir die misdaad is vir almal anders duister
en so kom dit dat die volk onder mekaar begin fluister
dat die kroondief en komplot moontlik nie bestaan
Koningin Parranormaal stem heelhartig saam

Die top paddamedikus word dringend ontbied
dié kwaaksalwer se kennis strek oor ‘n wye gebied
Dokter Paddakuur vat hier en kielie daar,
hy neem die Koningin eenkant en verduidelik saggies aan haar:

“U eggenoot se ego is uitermatig groot
Die toestand is oorerflik
onder brulpaddas ‘n algemene soort
die hoofsimptome is ‘n vergrote hoof
dit gaan ook gepaard met
‘n toestand van horende doof

“Verslanking van sy ego begin hier en

nou
Suster Paddacetamol sal ‘n ogie oor hom hou

‘n Fiksheidsprogram word ook aan hom verskaf
U skree aan hom bevele uit,
en hy beter draf!

“Hoofhofknaap Parraraat word nie sonder intervensie gelaat
‘n blitskursus in logika sal hom veel kan baat

Maar u majesteit, as ek eerlik mag wees
dalk sal ‘n republiek ‘n beter keuse wees?”




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 6
Kommentaar telling: 2

 

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydraes – Argief