Vergiftig
Vergiftig
Wanneer die son weer skyn na swaar, grys dae waarin my geloof getoets is, kyk ek terug en kan maklik ‘n fout maak wat die onvermydelike volgende beproewing en my verhouding met God bitter moeilik maak. En dit in die tyd waar ek Hom die nodigste het. Hierdie gif vir my verhouding met God lees ek gereeld raak, dit lui dat God mense wat my seermaak in my lewe hou totdat ek geleer het om God te vertrou (‘n positiewe rede om die giftige smaak te verbloem). In die stelling “God is die outeur van my lewe”, is die gif smaakloos en kleurloos maar dit bly giftig. Die rede hiervoor word duidelik wanneer ‘n moeilike tyd te lank raak. Wat nie lank gaan vat nie is haat vir God en vrae oor waarom Hy my so laat swaarkry. Hy los dan die mense in my lewe want Hy is die outeur van my lewe. So word God verantwoordelik gehou vir die nagevolge van my en/of ander se verkeerde besluite. Die waarheid is dat die mensdom self die rede vir moeilike tye, donker ure en diep waters is.
Ek is die outeur van my lewe, God het die boek en pen geskenk, ek is die een wat gemors neerskryf. Mense wat my aanhoudend seermaak is omdat MY keuses hulle in my lewe hou, nie God s’n nie. Dit was nooit die oorspronklike plan van God dat ek moet ly nie, die donker ure van die mens is agv. homself. Hierdie dodelike wanbegrip word so maklik gesluk agv. God se spesialiteit om gemors om te draai in iets wonderlik wat sy Naam verheerlik. Dat God my eers laat swaarkry voordat Hy my seën is vals. In die eerste hoofstuk van Jakobus word hierdie waarheid verduidelik.
©VonVillon
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek