Tyd vlieg as jy ‘n vlieg is
(Woordtelling 783) Min mense sit seker en kyk hoe ritmies die sekondewyser tik, uur na uur. En, as iemand dit wel doen, is dit sekerlik net ’n kortstondige tydverdryf. Ons het almal dieselfde 24 uur gekry en sommige mense kan berge versit terwyl ander absoluut niks vermag nie. As jy iets gedoen wil kry, sal […]
Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
Jou huis se geskiedenis.
Jou huis se geskiedenis. Meeste van ons is so gelukkig om in ʼn huis te kan woon. Het dit al by jou opgekom dat elke huis sy eie geskiedenis het? Dieselfde geld vir elke woonstel of enige gebou. Vrae wat opduik is: wanneer is die gebou opgerig? Hoekom is die gebou oorspronklik gebou? Wie het […]
huis met eenduisend kamers (Silwer)
my hart word ‘n huis met eenduisend kamers wanneer ons minne-skadu’s lok en speel teen ‘n ontvanklike muur en ons omhelsend saamsmelt in perfekte liefdesharmonie
My siel, my spirituele woning
My huis is werklik net waar my hart is en nie noodwendig waar my lyf homself bevind nie. En as jou hart gelukkig is, is enige plek op die aardbol reg. Dit gaan selde oor die meubels of peperduur ornamente wat in ʼn huis rondstaan wat dit ʼn woning, of eerder ‘n tuiste, maak. Daardie […]
Katjiepieringliefde (Silwer)
Vêr weg van alles wat eintlik kleinlik en waardeloos is kan ons hier in die ou klipkasarm waar ons ‘n skraal begin met bitter min tussen brokkelrots en grashalms gemaak het mekaar in die warm omhelsing van ‘n bloumaan se gloed waarderend welkom groet – waar liefde ons dag na dag met oop arms ontvang […]
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Sprookje
Sprookjé (Brons) Op die deur groet “Sprookje” my soos jare terug by pa se huis die reuk van kos nooi my binne die tafel is gedek met sagte linne ek steek ‘n kersie aan vir jou skink ‘n wyntjie vir die kou pa se klok tik rustig voort plaasgeluide kom uit elke oord die mure […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]