wys
– tussen fynbos en duine verdwaal my siel soms baie erg verstaan ek nie altyd waarheen my lewenspad my neem nie – tussen droë sand en blomme verwaaide gedagtes van weleer verval ek soms in die verlede en oordeel ek opnuut – tussen wysheid en verdwaas wees lê daar ‘n ewigheid van onvergenoegdheid om die […]
Alfabethuis (Silwer)
My gedig is ‘n huis met baie kamers om in te ek alle woorde is welkom om in te kom want die klok tik die mooiste as ek gesels op my sagte bed dís tog híer waar die liefde lê wat meer wil mens van die lewe hê. ©Zebbie
Eenkleurreënboog
Wanneer my gedagte huiwer om van my jou te vergeet sal ons Skepper deur Sy skilderwerk ‘n eenkleurreënboog as sonstreep op seevel trek wat sal lyk soos ‘n geel maansomloop van helder hoop. © Zebbie
STERK STILTES (BRONS AFDELING)
STERK STILTES (BRONS AFDELING) (persiese kwatryn) Honderde jare het alreeds verloop; helde het dikwels hul siele verkoop; dinge het sedertdien so verander, tog het die mens nie verleer glo en hoop. Op die water het sy hom weggesteek en die farao se spul wette verbreek: die profetiese koms moes voltooi word – sý was die […]
Reëndruppelseën
Daar’s geen droë oog in my Godshuis nie net ‘n juigkreet van engele wat dans op hemelmusiek soos die maan in die naglugruim sirkelloop om die see wat sy garing afrol tot by die kus. ©Zebulon Kochk Zebbiekaans.
‘n Beter lewe (Silwer)
Moedeloosheid kortwiek geleenthede temper die wil om vooruit te strewe maak beter keuses en goeie vriende dan blink hoop weer vir ‘n beter lewe. ©Driekie Grobler
*Winterwoorde (Silwer)
Wanneer my heimweehart in die ryptrap van ‘n winterlandskap neffens jou kanniedood-liefde verslaap, tref-trap dankgedagtes gou, euforiesie spore van onthou, wat ramifiseer in die drasland van lojaliteit waarin jou liefde toegewyd onkreukbaar en immergroen oor ons eenheid troon; rotsvas geanker – deur dik en dun ewig getrou. *Akroniem
OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
Skakerings van winter (Silwer)
Met die nanag se sterwensuur het jy ons karos afgeskop en gepleit: “staan op my lief, kom kyk vóór die die winterveld se skoonheid na sonop weer verbleik!” Hand-aan-hand met die vleiland langs waar Verloren Vallei idillies (stil)lewe het jy my deur die veld gelei – my oë het betraand van die koue gebrand – […]