lewenskurwes
selfs op my oudag
beleef ek kurwes
verloop van my lewe
metafories voorgestel
laagtepunte, hoogtepunte
van kleuter na tiener en volwassene
unieke pad van my ervarings, eie aan my
reikhalsend en vurig verlang ek steeds
na daardie spesiale oomblik
van volwassenheid
waar ek sal besef
die lewe wat ek leef
het sy finale piek bereik
verwesentliking van ’n droom
waar ek my Meester sal kan sien
en dalk ook kan sê:
“Dit is volbring”
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.