Jongste aktiwiteit:

aroma

 

 

die geur van jou woorde

is soos die keur van goeie wyn

mense hang aan jou lippe

in verwagting om daarin te deel

 

selfs ouderdom kan jou nie verander

tussen plooie en verwelke aangesig

skyn die goue raamwerk van jeug

vreugde van jou bestaan

skyn helder in jou lag

 

die skynsel van jou lewe

is soos die berg se diep blou vag

dit verander nooit veel nie

my oë soek voortdurend daarna

 

uit die donkelblou hemel

verlig jou sterreglans

die siel van my hart

in elke donker nag

 

© Tearlach.

 

 

 

 

 




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed