Jongste aktiwiteit:

perikodo

onseker winde waai oor my duin
soms storm sterk rukwinde
later net konstante
suid-ooste wind
die see pas aan
golwe kom en slaan neer
vorm teue van wit skuim some
wat die sand voed en verdwyn
bakermat vrae word gevra
dowe ore negeer die antwoorde
in kopskuddende ontkenning daarvan
duidelike gebrek aan samehorigheid heers
elkeen troon uit op eie mis hopie wat al kreun
soveel groepe soveel idees word slaafs gevolg
geen moses of aaron verskyn op volks horison
geen laer getrek om basiese morele beginsels
geen sigbare perikodo om te identifiseer
wekroepe is volop maar antwoorde skaars
wanneer, o wanneer dan my volk, sal jy luister
jou hardkoppigheid laat staan en stil word
voor jou Skepper en Hemelse Vader
jou lewe van uitbundige smet
staak en in die Gees
begin leef
jou lewe oorgee
aan dit wat heilig is

©Teárlach
(perikodo – omtrek, omvattende eenheid)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed