Jongste aktiwiteit:

Geskryf in die Sterre (Silwer)

Geskryf in die Sterre

ankerloos in winterkou
in sierskrif lê dit uitgestippel
op wysie van die wind se tune
tot in die siel se blouste blou

die dolosse blink uitgeskud
van horison tot horison
dui presies die plek, die oomblik aan
waar ek moes groet, waar jy moes gaan

ek dobber hier in gister rond
met menswees glad gespoel
jy was my veilige vasmeerplek
en ek was nét vir jou bedoel

rus nou, my liefling, rus nou sag
kom lê hier op die bodem van my hart
rus sag hier in die fyne sandjies
rus sag terwyl jy op my wag

© Barbara Smit 06/10/2020




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed