om te
op ‘n sondag
lê my duin meestal rustig
min mense soek die strand op
net die toegewyde stappers dalk
mense wat hul gesondheid hoog ag
gereelde oefening beplan en uitvoer
in my oë mag hul maar – respekte
dan kom die praters sonder doen
om te praat oor oefeninge
en dit te doen is dalk
te veel vir hulle
so is die praat
oor paraatheid
en om paraat te wees
ook twee verskillende dinge
die onervare “oorlog-praters”
wat so maklik dinge kwyt raak
waarvan hul geen begrip het
is ook ‘n goeie voorbeeld
van die vae begrip
tussen “om te”
en “om te doen”
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.