vir
Gedigte
ver
van waar ek staan
verdwyn die landskap
in digte mis en die niet
my hart dink terug
aan vervloë tye
nag se drome dring op
en my bewuste denke ril
pure speel-weer swaarkry
vorm hoendervleis
op my koue arms
dink positief – sê sy
sy wat drie en vyftig
sakke sout en peper
met my gemaal het
tot ragfyn stof
hoe ver wil jy dan sien
verby die hemel se grens
waar son, maan en sterre
weer gaan begin vorm
‘n nuwe Jerusalem
©Teárlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.