Jongste aktiwiteit:

SMART

As die lewe se smart,
opkom in my hart.
Raak ek tog so vinnig verward,
alles rondom lyk so swart.

Het ek dalk die gedagte,
dat die dinge van hier,
vir ewigheid duur?
Of span ek dalk in, al my kragte,
om aan te voer elke eksterne klagte,
en die bose magte,
as rede wat my op depressie af stuur.

As die Here dan ontneem,
dit wat my van Hom vervreem.
Al is dit vir my so kosbaar soos goud,
selfs nodig vir my behoud.
Sny af alles wat is sleg,
dat ek kan wees U kneg,
in al my weë opreg.
Dat ek mag soek U weg.

Om vreugde te vind in U my God,
te laat staan elke aardse genot.
Te luister na u gebod,
my oë na die hemele te rig,
om altyd te wandel, lewens bly, in U lig
van waar ek my Geliefde verwag t’rug.
Hy is naby, geloof, hoop en liefde wat stig,
deur die Gees is die oë van my hart verlig,
verwagtend vir die ewige erfenis al moet ek ‘n rukkie sug,
my oë na die hemele gerig.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed