Wilde Weste Wind
Wanneer die weste se winterwind
speel-speel aan jou rokspant pluk
kom loer hy kamtig parmantig
onder jou soomlyn in,
‘n hand op jou hoed
terwyl weste wind
giggel en lag,
plesierig, prettig
sy aandag verskuif;
katjie kierang van die baan
dans hy oral met jou saam
terwyl jy rieldans
om rok en hoed te red
waai weste wind warrelend weg
om
sy
volgende
slagoffer
te
gaan terg.
Amanda
3 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek