Voet in die wind (Brons)
Dit is Sondag, en die kerk is stampvol mense. Nagmaal word bedien, elkeen neem ‘n stukkie van die ongesuurde witbrood, en ‘n slukkie uit die beker. Intussen steek daar is swaar storm op buite, die volgende oomblik ruk ‘n wilde wind die kerkdeur oop. Wild verskrik begin ‘n klein seuntjie te huil en kruip onder sy ma se groot jas in.
Die Pastoor probeer kalmte bring deur liedere te sing. Terwyl die storm buite woed, word daar ook gebid, dan die geweldige slag! Almal ruk soos hulle skrik behalwe Stefan een die jeugleiers, hy skrik so groot dat dit lyk of hy ‘n beroerte kry of deur ‘n slang in die voet gebyt word. Hy spring hoog in die lug met sy arms stokstyf uitgestrek en skree kliphard.
“Jou Satan”.
Dan bars almal uit van die lag, selfs die Pastoor sukkel om met sy preek aan te gaan.
Na die diens verdaag hulle na die eetsaal waar die susters lekkernye bedien. Stefan skep sy bordjie vol eetgoed en gaan sit nog bleek om die kiewe op ‘n stoel by ‘n groepie jeugdiges. Dan bekruip klein Johan’tjie hom van agteraf brul soos ‘n leeu,en gryp hom om die keel. Dit is altyd vir hulle ‘n groot genot om hom skrik te maak oor hy so maklik kan skrik.
“Jou varknet!” skree Stefan weer kliphard.
Sy bordjie eetgoed trek hoog deur die lug, en weer bars almal uit van die lag. Dit was vir hom een te veel, dit was die vinnigste wat hy nog ooit die pad gevat het. Hoe hy by die huis gekom het deur daardie storm weet hy tot vandag toe nie, wanneer hulle hom vra dan antwoord hy net.
“ Deur God se genade alleen, broeder en suster.”
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2019 projek