En toe moes ek weer skryf (Goud)
Jou woorde het my betower
en my winterhart kom warm vryf
ek wou lag en sing en dans
en meteens moes ek weer skryf
oor sonskyn en koperduine
en geheime van die see
oor hoe die herfswind se asem
lewe aan die hawerlande gee
oor Namakwaland se blomtapyt
wat ek wil uitrol voor jou deur
en karige blombossies
wat op Karbonkelberg floreer.
Jou liefde het my hart verower
en skielik kon ek weer skryf
oor die sekelmaan se towergang
en jou hande op my lyf.
©Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek