
Frustrasie (Goud)
Vanuit my innerwese
bars frustrasie ombeheersd
soos vuurysters deur gletserys
strykdeur my diepste denke
(uit na buite) deur die krake
van die fisiese – die leë dop
wat rasend aankap
en kappend skop
teen bottoe deure
waar my psige
hygend roep
op soek na durf
‘n doel
‘n dop;
in opstand
met my eie kop
en die veggees
(in beheer)
wat die essensie
van menswees
op my afforseer
terwyl sy angsbevange
in die donker gange
van my ashoophart uitskree
hou moed, hou kop, staan op!
© Loretta Szikra
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2023 – OOP projek