My soektog
In geurige blom gesiggies
het ek na jou gesoek
agter bome gekoekeloer
saam met die son opgestaan
geroep
hoor jy my seer?
hoopvol het ek na die maan gestaar
hy het net die geheim bewaar
wie soek sal vind
toe gaan krap ek in my hart rond
daar
het ek jou stralend gekry
met ’n glimlag so wyd soos die hemelruim
het jy my belowe hier sal jy bly
tot ons weer ontmoet
©Anita van der Walt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.