Jongste aktiwiteit:

Skakerings van winter (Silwer)

Met die nanag se sterwensuur
het jy ons karos afgeskop en gepleit:
“staan op my lief, kom kyk
vóór die die winterveld se skoonheid
na sonop weer verbleik!”

Hand-aan-hand met die vleiland langs
waar Verloren Vallei idillies (stil)lewe
het jy my deur die veld gelei
– my oë het betraand
van die koue gebrand –
toe die môreson vaak-vaak
uit die blou-uur ontwaak
wyl haar ware kleure
s k o u s p e l a g t i g
aan die klipkoppies geraak het
toe die vaalgras soos glas
onder ons vellies gekraak het;
waar kammetjies met lente
in die veld op gaan kom
en engelvlerkies weer
in die klipskeure sal blom

net daar

in ‘n japtrap

in die ryptrap
van ‘n winterlandskap
was ek meteens bewus
dat die winter (hoe vaal ook al)
óók asemrowend en beeldskoon is.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Tokkies het ‘n nuwe publikasie gemaak