
Voor Drag
in pakkie blou
manlik vervat
ń vrou
met effe rooi serp
uit professioneel verslae
vooraf gepak
in gedrukte omslae
flits vals beelde
uit eenvoud se maag
stotter feite onwelvoeglik
sonder wag as
stink waarhede
as ore luister kaal
sonder getikte referate
skrik ons wakker
en hande klap
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.