
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn
sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan
mag jy gereeld op die dak van die nag klim
om stringe sterre net vir jouself te pluk
mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur
vars water uit lopende stroompies drink
nuwe grondpaaie sonder
mensgemaakte goed vind
wilde diere en ander kreatiere
dophou waar hul vry verkeer
mag jy nooit jou lewenslus verloor nie
of ooit ophou droom
oor al die plekke waar jy al was
sodat jy al die spoke in jou kas
ook sommer net daar kan los
maar meer as dit
mag jy altyd jou spore los
op plekke waar daisies wit kan blom.
© 6/2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Beautiful wense