OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê
mag dit op jou borskas wees
want ek is bang
bang vir myself
bang vir Eskom se donker
bang vir ons eie Afrika
bang vir ‘n heelal
wat heeltemal te veel geword het
ek is bang omdat ek ‘n vrou is
bang omdat ek hier is
bang vir skadu’s
wat wrede mense wegsteek
bang dat die son sal uitbrand
soms selfs té vreesbevange om asem te haal
maar in die ryptrap
van ‘n winterslandskap
wil ek net my kop
op jou borskas neerlê
want hier is my wêreld klein
en daar is níks om voor bang te wees nie.
© 6/ 2022 Caren Kearley
FB: Nimfoleptiese Woorde
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Junie 2022 Winterlandskap projek