Ridderwording
Met die omhelsing by die ridderslag, was dit ‘n mooi dag met geen menasie op land nie want ons geloof geanker in God was op hoop dat alles goed sou afloop. © Zmj Kochk
Kalwerliefde
In die kosmosvelde waar kalwerliefde bandeloos blom, bolmakiesie ons drome nog om en dom; alom hartsbegeertes wat kleurig in die sterre verweef is en gretig daar wag, tot rooidag weer kom.
Saad van liefde (Silwer)
Strooi die saad wyd en luid smyt dit gulhartig oor almal uit vrolik in soorte uit omgeeboorde vir drooglê harte smagtend na liefdeswoorde saad sonder smet wat bou en red om diep te val in ontvanklike hartsbed strooi die saad wyd en luid sodat blomme weer gul daaruit kan voortspruit ©Driekie Grobler
Die Velde Smag
Die Velde Smag my siel verklaar soos blomme kleurryk by liefde aard soos hisop in my hart groei dat jy die een is wat daarin pas in my diepste wese hou ek jou vas soos tapisserie borduur elke oomblik bewaar saam met jou geweef teen my binnemuur elke uur die fynste besonderhede onthou jy is […]
Vasdans
Vasdans wilge jou takke om my middel swaai my wiegend heen en weer streel die binnekant van my seer laat ons vasdans mekaar se siele opbeur neem jou blare skerm my wanhopige skaduwee uitgeteer en op liefde opgegee ek soek al so lank na jou ‘n bas vol krake om my nerfaf te skuur van al die […]
Die nuwe normaal (Silwer 582 woorde)
Iets wat mens nogal deesdae gereeld hoor, is: “As alles weer normaal is …” of “Noudat alles weer normaal begin raak …” of “Die nuwe normaal is …” Nou wonder ek, wat word beskou met “normaal”? Die HAT beskryf die woord “normaal” as “Volgens die (gestelde, aanvaarde) norm; reëlmatig, gewoon, volgens die reël.) “Normaal” is […]
vreesloos haweloos (SILWER)
vreesloos haweloos net die winde weet wat weemoedig waai as jy jou gesig so laggend na die son draai jy, o sigeunervrou dansend in die wind weet waar jy vreesloos jou vrede vind hul spense loop oor van spys en drank vetgevrete grootkoppe sonder dank met swaaiend heupe op maat van musiek vermaak jy vrolik […]
liefdesnoer (Silwer)
ek wil vir jou ‘n liefdesgedig snoer met egte kraal-oog woorde wat (ge)maklik langs mekaar bly lê om jou hals sodat die koestering daarvan teen jou ontvanklike vel jou my woorde jou eie sal laat maak en jy die liefdesnoer met liefde om mý hals sal hang
Na liefdes(v)uur (Brons)
En toe … veras jou vuurgloed donsveerverwaai, duskant westerkim draal-dwaal jy skrams, deur jou laaste ligspoorglim skemerbroos in jou donkerverloor, nabetrag troosvind jy my vuurvliegievlerke, roosblaarsag soos my koesterhart vlerkomvou, nestel my ligholtes jou want mý vuurtjie bly brand, my hart gee sy lig hier binne bly jy veilig, so warm vredig Elizabeth B Met […]