Musiek vir my roos
Musiek vir my Roos Jy hoort tot klassieke skrywe musiek deur ons Goddelike komponis begelei deur ‘n engele koor ‘n klavierstuk meesterstuk is jy in rosegeur met ‘n blaarkrans op jou kop pluk ek jou liggies om klanke voor te bring die rooipienk in jou gelaat soos bloeisels wat bloos waar jy holster in die […]
Ons Skildery
Ons Skildery Drome in antieke blou binne siaan water tussen groen vind ek jou indigo tango twee blink saffiere smag kobalt die hunker nag verhelder met granola sonskyn glimlag as liefde blougroen was sou droomverlore wolke arkties stylvol by sacramento pas as God kleure vermeng tot emerald adel spore saam verleng in skemer skitter neon […]
Outeniekwa-gedagtes
my oë draal oor die sluiers van die son rondom lê die uitspansel in riffelkarton ek is tydelik verlos uit die stad van beton my afsaalplek nou ‘n ou murasie uit ‘n lank vergete generasie nou verpurper die kim en trek bloed verskuild lê die Outeniekwa in die gloed teen kranse weerklink die kiewiet se […]
Breek die kettings, wees vry.
In eenvoud wil ek gaan op my kniee en uitroep kan net nie bly staan breek die kettings, wees vry Jouself se eie skuld keuses maak sonder skrome hoop jy kan dit duld geskeur aan jou drome Woorde gepraat voor mense sodoende probleme vir jou geskep erg en dit sonder grense besef was duister woorde […]
Lewe le^ wyd oop vir ons
Die lewe le^ wyd oop vir jou!! Oop toekoms met uitdagings en keuses wat wag. Meningsvraag is of dit werklik so maklik is om dit vir ons nuwe generasie vandag te vertel hiervan.. Sal hulle luister? Na matriek is die lewenspaaie vir jongmense n’ oop veld van keuses. Studeer of eers rus jaar om te […]
Donsveer-woorde (Goud)
in die dorre landskap van menslike onvrede soek ek vergeefs na die geel van ‘n helder sonneblom om my weer terug te lei na die oewers van daardie plek waar waters van rus geluidloos oor my kan spoel waar ek met woorde sag soos donsvere in die skadu’s van lig die son se strale kan […]
Daardie dag (Goud)
dit was ‘n bewolkte dag in Maart die somer was sonlig maar winter – winter het geskuil in die skaduwee van die wind dit was soos die maan wat dele van my wou verduister vir priemende krateroë wat deur die oop spasies van niks na die toeganklike hitte van innigheid laat smag © Anzè Bezuidenhout […]
My woning waar ek wil bly
Woning waar ek wil bly deur Johan van Rensburg Soos sy stowwerige skraal lyf in stil strate loop en raas is dit Tshepo se klein sinkdak huisie met mure wat bly kraak Sy brandsiek hond aan sy sy wat ewig beste vriend bly geen verskoning hoe hy leef want sy huis na gestreef Dit is […]
Jou lewe le^ oop vir jou
Brons – gedig deur Johan van Rensburg Jou lewe le^ wyd oop jy moet net die pad loop droom en streef daarna onnodig om te bly kla Oop soos natuur se skoonheid opdrag wees net bereid om elke geleentheid en kans aan te gryp, vinnig besluit. Gebed van ouers vir die jonges hul weet oop […]
wind voël
– silwer soom blink wit voor helder blou golwe waardeur die ski dolwe oopgesper op wilde rit – op pad na spoed limiet rek en gooi my lyf rigting sagte hand van versugting horison verdwyn in niet – ewig deinend golwende see aanhou tot wenstreep verby dreineer frustrasie aller wee – ©Teãrlach