Jongste aktiwiteit:

Outeniekwa-gedagtes

my oë draal oor die sluiers van die son
rondom lê die uitspansel in riffelkarton
ek is tydelik verlos uit die stad van beton
my afsaalplek nou ‘n ou murasie
uit ‘n lank vergete generasie

nou verpurper die kim en trek bloed
verskuild lê die Outeniekwa in die gloed
teen kranse weerklink die kiewiet se roep
maak klaaglik nes in my gedagtessloep
toe – in die kring van kameeldoringvuur
prewel ek ‘n bedelgebed in dié na-nag uur

© Anzè Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed