Jongste aktiwiteit:

Musiek vir my roos

Musiek vir my Roos

Jy hoort tot klassieke skrywe
musiek deur ons Goddelike komponis
begelei deur ‘n engele koor
‘n klavierstuk
meesterstuk is jy in rosegeur
met ‘n blaarkrans op jou kop
pluk ek jou liggies om klanke voor te bring
die rooipienk in jou gelaat soos bloeisels wat bloos
waar jy holster in die palm van Sy hand
uitverkore tussen gange van vrede
ek sien jou waai in die aandlug se wind
dansend in afsonderlike tone
jou skoonheid word besing
dit akoestiek
blinkvos hare wat vleg deur verskillende toonhoogtes
snare gestreel deur blygeestige hande
galakties skitter jou oë
jou waterpoele neem my op ‘n ewigheidsvlug
blomblare so sag soos sy
sagter as engelsoene teen my wang
invaart tot in die atmosfeer
in segmente die mooiste kunswerk in my dromershart
met ‘n basuingeskal van trompette
my minnelied wat verklaar

jy is my roos van Saron

©️Wendy Leigh




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed