‘n Gelykenis van die mag van jou tong
‘n Gelykenis van DIE MAG VAN JOU TONG
Vuurbestand
my verstand
teen uitlatings hitsig aan die brand
Jou blêrkas raas nogsteeds my ore doof
terwyl dit klankgetrou my van ‘n selfbeeld beroof
daar was oorgenoeg mag in jou woorde
skaamteloos duelleer jou akoorde
Gewer van gewelddaad
binne jou gloei daar hatig dade wat my welstand nie kon baat
my hartsak dra die las
wat netjies in teleurstelling pas
met elke jammerklagte, onhoorbaar
kramp my aorta verder inmekaar
Karaktermoord gepleeg
toe jy loslippig in my ore in beweeg
my gevoelens opgesluit in ‘n kelderkamer
gelos in die stilte van die donker
verwerp, die deur in my gesig toegeklap
en jou ongebluste voetstappe wat beginselloos wegstap…
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.