Stilte
Stilte
Wensgeheim
sente in my nederige fontein
eilanddrome
palmbome
neem my weg langs eindelose seestrome
hoe begeer ek die stilte van geen stemme
net my eie hartklop
wolke wat geruisloos verby galop
waar sterre om die nag elemente boog
tevrede knipoog
geen meer jobsbode
slegte nuus verbode
waar vonkelgolwe se skuim
die rumoer van angs laat verdwyn
skenk my ‘n nuwe môre
om my gesonde verstand te behou
stadsliggies vir ‘n wyle verflou
net die diskrete wete
ek word met natuur se vertroostende arms omvou
sente in ‘n fontein
hoe wens ek ongeluk kon verdwyn
waar Moeder Aarde op haar as
stilstaan
‘n oomblik se rus vir my baan
neem my weg
ver weg
ek wil na ‘n kommerlose eiland gaan
met vredesvoete tot vernuwing staan
bring my weer terug…
sodra verlange dit van my verplig
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.