Brose Bos
Brose Bos
Met grafiese kuns
lê steil heuwels voor my
hygende verlange
na hiëratiese plekke om berusting by te kry
tussen die lewe se gerol en omval
oor kruispaaie se woekermal
tussen moet ek
kan ek
wie weet of ek sal
‘n geskarrel oor soveel mengelwoes
en
wonder of ek ooit moes
genadig kelim die onbekende pad
my stofverwaaide sig
met genotsug
draai ek my rug
op vestings van stekeblind
O’ skommelwind
waai my tog tot in ‘n nuwe uitkykspunt
laat my toe om ‘n beter horison te vind
©️Wendy Leigh
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.