
Kom sing weer die woorde
Jy stap met spore in vasberade refrein
reënbui jou uniekheid oor die spanseldoek
jy koepel jou kleure sodat onweer verdwyn
met taal omvou Hy ‘n dromer opsoek
jy skryf slypswewend jou verbeelding in saffierblou
‘n pouveer vir elke poging van uithou en aanhou
jy verlig ‘n stad met veelsinnige woorde
stort elke melodie in rymende akkoorde
en toe slaan jou spreekbuis soos die blink van ‘n muntstuk
dit verblind en los jou verstote
jy smeek om genade uit die kloue wat jou onderdruk
wandelliedjie, komponeer tog net weer die kreatiewe note
@Wendy Leigh
(As woorde opraak en wegraak, is dit my begeerte)
3 Kommentare
-
Elizabeth
Lieflik liewe Wendy!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek