My woning waar ek wil bly
Woning waar ek wil bly deur Johan van Rensburg
Soos sy stowwerige skraal lyf
in stil strate loop en raas
is dit Tshepo se klein sinkdak huisie
met mure wat bly kraak
Sy brandsiek hond aan sy sy
wat ewig beste vriend bly
geen verskoning hoe hy leef
want sy huis na gestreef
Dit is tog net vir nou
weet hy is baie meer werd
eendag sy eie droomhuis bou
sy geluk is opreg , eg
In die buurt wil hy bly
hier is hy waarlik vry
ontsnap druk van geld, mens
al is tekort in sy spens
Tshepo wil vir nou hier woon
vry, in tye van sy lewe
selfs met koue dat hy bewe
in sy sinkdakhuisie wil hy woon.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.