Jongste aktiwiteit:

die reuk van rykdom


vars seelug stink nie
dit ruik na sout en suurstof
dit suiwer my neus van stof
neem my gedagtes op reis

ontwikkeling bring rykdom
rykdom kan soms vieslik ruik
dit ruik na vrot gebrande vis
dit trek my longe heel toe

as my voorvaders grot bewoners was
sou hulle dalk hierdie rykdom kon waardeer
die rykdom wat jy in stink skywe kan sny
wat jou klere dae lank vrot laat stink

maak dit saak wie eerste gekom het
wat saak maak is die kwaliteit van ons lug
dit wat ons elke dag moet inasem en ruik
wat lewe by die see aantreklik maak

wanneer die rykdom van enkele mense
ander leed aandoen en hulle lewe versuur
behoort die demokrasie in te skop
om die euwel uit te skop

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed