
Jou lewe le^ oop vir jou
Brons – gedig deur Johan van Rensburg
Jou lewe le^ wyd oop
jy moet net die pad loop
droom en streef daarna
onnodig om te bly kla
Oop soos natuur se skoonheid
opdrag wees net bereid
om elke geleentheid en kans
aan te gryp, vinnig besluit.
Gebed van ouers vir die jonges
hul weet oop pad uit die nes
ouers wys na eertye
reken besluite was reg in swye.
Was alles net na windgejaag
dit die bitter vraag
antwoord kom as ons kyk
Wat jonges met oop lewe bereik
2 Kommentare
-
Elizabeth
Pragtig Johan!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2022 – OOP projek